Die nasionale watertaakspan en die nuwe waterkrisiskomitee gaan nou in ’n enkele struktuur saamsmelt, wat na verwagting regstreeks deur pres. Cyril Ramaphosa gelei sal word.
Hoewel Ramaphosa reeds in sy staatsrede in Februarie die stigting van ’n nasionale waterkrisiskomitee aangekondig het, bly besonderhede oor die samestelling en werkwyse daarvan vaag.
Die aankondiging kom te midde van groeiende kommer oor die regering se vermoë om die land se wateruitdagings doeltreffend te bestuur.
- Lees joernalis Rasaad Adams se volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
