Wenbrief van die week: Korrupsie sal nie só uitgeroei word nie

Die lang arm van die gereg.
Foto: Unsplash.

Korrupsie op alle vlakke, ook in die private sektor, sal nooit uitgeroei word as ’n stert-oor-kop-benadering gevolg word nie.

Dit is ook die geval met die president se kommissies en ondersoeke op vele ander vlakke. Alles hou op voordat die oortreders gestraf is, wat omtrent nooit gebeur nie.

Dit word gedoen om ’n einddoel te bereik waaraan niemand blykbaar glo nie, om die korrupsiegeld terug te kry. Of word dit gedoen omdat “die versekering sal betaal” aan die maatskappy, maar nie aan die individue wat die geld belê het nie?

Die verduisterde geld kom van êrens af. Dit is gewoonlik van Jan Alleman wat, onbewustelik, die oortredings “gefinansier” het, soos Ponzi-skemas.

Neem nou byvoorbeeld Alwena Smith, die sekretaresse wat R13 miljoen by ’n Stellenbosch-regsfirma gesteel het. Al wat gebeur, is dat hulle werk vir ryk regslui geskep het oor ’n te lang tydperk. Nou gaan sy tronk toe. Daar word sy geborg deur dieselfde slagoffers vir haar amper luukse verblyf!

Die regslui en kommissies vee hulle af aan die moontlikheid om die geld uit korrupsie terug te kry om aan die gedwonge “borge” terug te betaal. Dis seker te veel werk . . .

Dis ’n nag vir ’n land wat so dink.

  • Waarnemer, Bellville

Skryf aan:

lesers@diepapier.co.za

Briewe moet die skrywer se naam, adres en kontaknommer bevat. Die Papier publiseer nie briewe wat elders verskyn het nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie