Wenbrief van die week: Verkleinwoorde is vir babas en kleuters

Baba.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

André Schwartz se skrywe “Laat dié daggie eerder wyk” in ’n vorige uitgawe het betrekking. Ek stem volmondig met hom saam. Niks maak my so warm onder die kraag as die alewige gewoonte om in Afrikaans verkleinwoorde vir feitlik alles te gebruik nie.

Die een wat my persoonlik ook die meeste irriteer, is om na senior mense as “oumensies” te verwys. Behoede my tog.

Van die mees professionele mense tot Jan Alleman word ’n oumensie sodra hy of sy hul aftreejare bereik. Goeiste, dit klink asof die persoon nou skielik die een of ander gedaanteverwisseling ondergaan het en nie meer met gesag behandel moet word nie.

Natuurlik is die uwe in dieselfde bootjie en beskou dit as uiters neerhalend.

Volgens my is dit gepas om met babas en kleuters in verkleinwoorde te gesels. Ek gaan tog nie vir ’n baba sê: “Maak oop jou mond” nie.

Pedagoë raai ouers aan om dit nie te doen nie. Sê byvoorbeeld liewer kos pleks van kossies, of melk eerder as melkies.

  • Mev. E.J. du Plessis, Centurion

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos