As daar een ding is wat Amerika goed doen, is dit skouspel. En terwyl die wêreld se grootste sokkertoernooi nou in onder meer Amerika, wil die mede-gasheerland seker maak daar is ’n sterbelaaide halftydvertoning wat selfs die Super Bowl sal laat bloos.
Justin Bieber het amptelik ingestem om die historiese vertoning op 19 Julie by die New York New Jersey-stadion aan te voer. Hy sluit aan by popikone Madonna, die Colombiaanse superster Shakira en die Suid-Koreaanse sensasie BTS in wat na verwagting een van die mees gekykte musiekvertonings in die geskiedenis sal wees.
’n Eklektiese mengsel van wêreldtalent
Die Kanadese sanger sal die verhoog deel met ’n uiteenlopende groep kunstenaars wat deur Coldplay se voorsanger Chris Martin, internasionale kurator van die Global Citizen Festival, saamgestel is. Die groep sluit ook die Nigeriese Afrobeats-ster Burna Boy, dirigent Gustavo Dudamel, die PS22-koor en, in ’n eienaardige kinkel wat suiwer vermaak uitstraal, The Muppets se Kermit en Miss Piggy in.
“Die Fifa-Wêreldbeker bring die wêreld bymekaar soos niks anders nie,” het Bieber gesê. “Ek is dankbaar om deel van hierdie halftydvertoning te wees, en nog meer dankbaar dat dit reeds help om toegang tot onderwys vir kinders regoor die wêreld uit te brei.”
