14 nuwe ambulanse vir die Vrystaat, nog meer moontlik op pad

Ter illustrasie. Foto: Selvin Esteban/pexels.com
Ter illustrasie. Foto: Selvin Esteban/pexels.com

Die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, het saam met die LUR vir gesondheid, Monyatso Mahlatsi, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, Jabu Mbalula, op 17 Junie 2026 altesaam 14 nuwe ambulanse by die Bongani Regional Hospital oorhandig.

Van die 14 ambulanse is:

  • 7 aan die Lejweleputswa-distrik toegeken
  • 3 aan die Fezile Dabi-distrik toegeken
  • 4 aan die Thabo Mofutsanyana-distrik toegeken

Die oorhandiging vorm deel van die provinsiale regering se plan om dienslewering te versnel en noodmediese dienste regoor die Vrystaat te verbeter.

Letsoha-Mathae het gesê die uitbreiding van die ambulansvloot is daarop gemik om lewens te red en gemeenskappe beter toegang tot noodhulp te gee.

“Dit gaan gaan daaroor om lewens te red,” het sy gesê en beklemtoon dat gesondheid een van die belangrikste portefeuljes in die regering bly omdat dit direk met mense se lewens te doen het.

Die ambulansoorhandiging vorm deel van ’n groter provinsiale uitrolprogram wat daarop gemik is om 103 nuwe ambulanse gedurende die 2026/27-boekjaar aan diens te stel. Die program het reeds op 7 Mei 2026 begin, met vorige oorhandigings in Xhariep en later in Mangaung.

Lees die volledige artikel op Nova Nuus


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie