Indien ’n rugbywedstryd tussen Britse tuisunies ’n toets genoem word, is môremiddag se derby tussen die Bulls en die Stormers niks minder as dit nie.
Dit word nie groter tussen twee spanne op tuisbodem nie.
Indien die Bulls gedink het Fort Loftus hou enige tuisveldvoordeel in, het John Dobson, Stormers-afrigter, hulle vinnig aarde toegebring deur die week se sielkundige oorlog te begin met “ons het drie van ons laaste vier wedtryde daar gewen.”
LEES | Só lyk die sport op die kassie hierdie naweek
- Kry al jou jongste sportnuus in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat van vandag af op die rakke is. Dit is ook as e-koerant aanlyn beskikbaar.
