Die WAT se woord van die week

Tzigane is bekend vir hul sigeunermusiek.
Tzigane is bekend vir hul sigeunermusiek. Foto: Unsplash.

tzigaan (ook met ’n hl. Tziga(a)n) (tzi-gaan) s.nw., tzigane. (ongewoon)

Lid van ’n sigeunergroep van Hongarye, wat ook deur O.- en Sentraal-Eur. versprei is, en wat veral bekend is vir hul sigeunermusiek. Baie van die pragtige Hongaarse volkswysies, wat later komponiste soos Liszt, Brahms en Bartok sou inspireer, het behoue gebly omdat die Tzigane dit gespeel en gesing het.

Sien jy die vlek in die maan? Dis ’n tzigaan wat daar elke middernag sit en speel, so sag dat alleen verliefdes dit kan hoor as hulle langs die velde kuier. (M. Malherbe, vert.: Kersverh., 1939, 73).


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie