SA Rugby kan moontlik die Europese Kampioenebeker los om voos spelers eindelik ’n blaaskans te gee

Die Stormers-veteraan Deon Fourie wat onlangs ’n besering opgedoen het.
Die Stormers-veteraan Deon Fourie wat onlangs ’n besering opgedoen het. Foto: Grant Pitcher, Gallo Images.

Oorwerkte Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat in ’n 11 maande lange seisoen op die veld is, kry dalk binnekort verligting.

Volgens berige oorweeg die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) om uit Europese Kampioenebeker te onttrek. Die kompetisie laat ’n groot werklas op spanne wat reeds aan die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) deelneem.

Europese rugbybase het die afgelope twee jaar reeds gekla dat die SA spanne – Bulls, Sharks, Stormers en Lions – swakker spanne in die kampioenskap laat speel om prioriteit aan die VRK te gee.

’n Finale besluit word in Julie verwag.

  • Lees die volledige berig op KickOff Rugby en gesels saam op sosiale media.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie