Onafhanklike ondersoek oor skoolhandboeke se tenderskok op pad

Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys.
Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys. Foto: Gallo Images.

Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, gaan ’n onafhanklike ondersoek laat doen vir die samestelling van die katalogus waaruit skoolhandboeke vir gr. 1 tot 3 bestel word.

Dit het vroeër bekend geword dat die maatskappy Lighthouse Publishers, wat letterlik binne dae gestig is, op omstrede wyse die toekenning gekry het vir lewering van die meeste boeke vir die katalogus. Dit ten koste van gevestigde en ervare uitgewers.

Gwarube het gister in die bespreking van haar begrotingspos in die parlement bekendgemaak dat sy die ondersoek op aanbeveling van die tesourie gaan laat doen. Die onderwysedepartement, wat die omstrede kwessie bestuur het, het herhaaldelik ontken dat enige verkeerde optrede plaasgevind het.

LEES | Departement skop vas oor handboeke


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie