Lighthouse Publishers

Brekende Nuus

  • 3 tienerseuns is in hegtenis geneem in verband met ’n beweerde aanranding waarin ’n graad 10-leerder van Gansbaai Academia bewusteloos geslaan is en ’n harsingskudding opgedoen het, waarna die polisie bevestig het dat die verdagtes, een van 14 en twee van 15 jaar oud, vir gewone aanranding gearresteer is en na verwagting vandag in die Hermanus-landdroshof sal verskyn

  • Die Papier se nuwe elektroniese nuusbrief, ‘Net vir jou’, is nou beskikbaar, met die 9de uitgawe wat vandag verskyn – onthou dus om nou al op ons webwerf te registreer

  • Minstens 60 mense is dood nadat ’n goudmyn in die suide van Soedan ineengestort het, het 2 oorlewendes aan die media gesê, terwyl talle ander steeds vermis word en moontlik onder die puin begrawe lê

  • Dirco oor VSA se visumbeperkings: Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het met kommer kennis geneem van die eensydige visumbeperkings wat deur sy eweknie, sekretaris Marco Rubio, aangekondig is. Hierdie aankondiging sluit weereens aan by die wanvoorstelling van SA se binnelandse beleid deur randgroepe wat hulself verkeerdelik voordoen as verteenwoordigers van minderhede en van Afrikaners in die algemeen’

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos