moestuin
s.nw. (verouderend)
GROENTETUIN: Buite is oom Gielie besig in die moestuintjie en dan weer by sy vrugtebome (Mikro: Porseleinkat, 1955, 169). Die vrou (dwaal) nog so ’n bietjie in die jong moestuintjie rond, traag om haar los te skeur van haar eie harde handewerk (G.S. Preller: Oorlogsonmag, 1923, 18). Die moestuin is slegs gedeeltelik nog bewerk. Wie was daar om toesig te hou oor die werk? (K. Schoeman: Fakkellig, 1966, 5).
