Polisie steeds op die toneel by Prellerplein in Bloem waar nóg ’n bom in Woolworths ontplof

Die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein.
Die Prellerplein-winkelsentrum in Bloemfontein.

Soms is die werklikheid vreemder as fiksie. Twee bomme in twee verskillende Woolworths-winkels . . .

Die Prellerplein-winkelsenstrum in Dan Pienaar, Bloemfontein, is egter weer oop vir die publiek nadat dit vroeër vanoggend tydelik afgesper is ná ’n ontploffing in Woolworths.

Die Valke se Eenheid vir Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoek in Bloemfontein bestuur nou amptelik die ondersoek, terwyl die plaaslike SAPD se Ontploffings-eenheid en ander relevante rolspelers steeds op die toneel is en die oorsaak van die ontploffing ondersoek.

Die publiek en werknemers is toegelaat om weer die sentrum binne te gaan, terwyl polisiebeamptes en private sekuriteitspersoneel steeds ’n teenwoordigheid op die toneel handhaaf.

Besonderhede rondom die voorval bly beperk.

Volgens berigte het die winkelbestuurder omstreeks 03:00 op Vrydag, 29 Mei, ’n oproep van ’n sekuriteitsmaatskappy ontvang wat hom ingelig het oor ’n ontploffing binne die winkel.

Die polisie het nog nie die bevindinge van hul ondersoek bevestig nie.

Dié ontploffing volg egter op ’n soortgelyke een wat in die Woolworths-winkel in die Menlyn Park-winkelsentrum omstreeks 01:00 op Donderdag 28 Mei plaasgevind het.

  • Verdere besonderhede sal verskaf word op Die Papier en NovaNews soos dit beskikbaar raak.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie