Op Vrydag, 26 September, verlede jaar het die eerste wedstryde van die huidige seisoen se Verenigde Rugbykampioenskap afgeskop. Toe het die Stormers nog vir Leinster 35-0 ore aangesit, die Bulls 53-40 teen die Ospreys gewen en die Lions 33-20 teen Cardiff verloor.
Maar dít voel soos jare gelede . . . Intussen is nog 17 rondes gespeel en is dit uiteindelik tyd vir die uitkloprondes.
Só lyk die spanne wat teen mekaar kragte meet:
Vrydag om 20:40: Glasgow t. Connacht


Saterdag om 12:55: Bulls t. Munster


Saterdag om 15:25: Stormers t. Cardiff


Saterdag om 20:55: Leinster t. Lions


- Kry al jou rugbynuus in Die Papier, op NovaNews en op KickOff.com.
