VRK-kwarteind: Stormers klop Cardiff oortuigend met 44-21

Stormers-losskakel Jurie Matthee.
Stormers-losskakel Jurie Matthee. Foto: Gallo Images.

Die Stormers het Saterdagmiddag hul Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Cardiff Rugby met 44-21 in die Kaapstad-stadion gewen.

In wat as ’n wraakwedstryd bestempel is, nadat Cardiff die Stormers in die laaste ligawedstryd van die seisoen geklop het, het die tuisspan met ’n indrukwekkende vertoning in die skrums oorheers. Stut Ntuthuko Mchunu is dus die speler van die wedstryd gewees.

Cardiff het egter hard teruggeveg om in die wedstryd te bly toe dit gelyk het of die Stormers besig was om weg te breek.

Stormers 44 (21)

Drieë: André-Hugo Venter, Ntuthuko Mchunu, Leolin Zas, Sacha Feinberg-Mngomezulu, Paul de Villiers, JJ Kotzé
Doelskoppe: Sacha Feinberg-Mngomezulu (3), Jurie Matthee
Strafskoppe: Jurie Matthee (2)

Cardiff 21 (7)

Drieë: Cameron Winnett, Taine Basham, James Botham
Doelskoppe: Ioan Lloyd (3)


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie