F1: Monaco GP vereis laespoedbeheer

Kimi Antonelli (links) en Max Verstappen.
Kimi Antonelli (links) en Max Verstappen. Foto: F1.

Monaco kry jaarliks geleentheid om op die wêreldverhoog te pronk – en dit is tydens die F1 Grand Prix deur die strate van Monte Carlo.

In die hibriede-era sedert 2014 het Mercedes en Red Bull elk vier keer hier koning gekraai, Ferrari twee keer en McLaren net een.

Maar daardie statistiek dra min gewig in 2026, want die nuwe F1-reëls het die sport in ’n era van onsekerheid ingedwing, waar geen span meer op historiese data kan staatmaak nie.

Tot nou toe was elektriese ontplooiing, aerodinamiese balans en battery-strategie die groot bondgenote van die topspanne.

Hierdie naweek verander die prentjie egter. Monaco vereis nie rekord-topsnelhede nie.

LEES | Antonelli verower 1ste wegspringplek vir Monaco GP: ‘Dit was baie naby’

Dit noop spanne om laespoedbeheer uit te oefen en sensitiewe motorbalans te prioritiseer, en renjaers moet die kuns van presisie tot op die randjie van perfeksie bemeester om die podium te haal.

Monaco se pylvakke is kort, maar die motors benodig steeds aerodinamiese stabiliteit om die plato’s tussen rempunte, versnelling en draai‑ingange te balanseer.

Daar is geen DRS-stelsel (Drag Reduct- on System) vanjaar beskikbaar nie, en die FIA het ook “Straight Mode” (’n toegewing in 2025) vandees­week gekanselleer. Spanne is dus gedwing om met swaarder lugsleur te sukkel en renjaers moet harder swoeg met meganiese greep en motorbalans.

Die gunstelinge vir podiumglorie lê weer iewers tussen Mercedes, Ferrari, McLaren en Red Bull, met Ferrari wat oor die perfekte karaktereienskappe beskik om koning te kraai.

Monaco het byna sy plek op die kalender verloor, maar so uniek as die prinsdom self, so uniek is dié Grand Prix wat uit 1929 dateer.

  • Die Monaco Grand Prix begin om 14:55 (SA tyd).

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie