Die nuwe MIV-medikasie ‘nog te duur’

Lenacapavir is onlangs in samewerking met die departement van gesondheid en pres. Cyril Ramaphosa bekendgestel.
Lenacapavir is onlangs in samewerking met die departement van gesondheid en pres. Cyril Ramaphosa bekendgestel. Foto Per-Anders Pettersson, Getty Images.

Slegs 450 000 mense sal in die volgende twee jaar toegang hê tot die nuwe MIV- anti-retrovirale inspuitbare behandeling, Lenacapavir. Dit is ’n middel wat jy kan gebruik om te voorkom dat jy MIV opdoen en moet elke ses maande toegedien word.

Dr. Jantjie Taljaard, ’n kenner van aansteeklike siektes aan die Universiteit Stellenbosch, sê volgens hul wete sal elke mens wat die medikasie soos voorgeskryf gebruik, tussen 98% en 100% seker kan wees hulle sal nie MIV opdoen nie. “Ons weet as ons dit aan twee mil­joen Suid-Afrikaners kan gee wat ’n hoë risiko loop, kan die pandemie gestop word.”

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie