Bek-en-klouseer neem toe in die Vrystaat

Foto: Madli Grobbelaar
Foto: Madli Grobbelaar

Die bek-en-klouseerkrisis in die Vrystaat toon geen tekens van afname nie nadat die provinsiale departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake nog 12 nuwe gevalle bevestig het, wat die getal aangemelde gevalle op 620 te staan bring. 

Die jongste uitbrekings is in die omgewings van Warden, Sasolburg, Bloemfontein en Kroonstad aangemeld en plaas verdere druk op ‘n veebedryf wat reeds maande lank teen die verspreiding van die hoogs aansteeklike siekte veg.

Veeartsenydienste het intussen hul kommer uitgespreek oor berigte dat sommige produsente steeds versuim om gevalle aan te meld. Volgens die departement skep die optrede nie net ‘n verwronge beeld van die werklike omvang van die uitbreking nie, maar bemoeilik dit ook die beplanning van beheermaatreëls en die verspreiding van entstowwe.

Boere, wees bedag

Boere word opnuut versoek om diere wat tekens van oormatige speekselvloei, mondletsels of mankheid toon onmiddellik by hul naaste staatsveearts of dieregesondheidstegnikus aan te meld. Die departement herinner veeboere ook aan hul wetlike verpligtinge ingevolge die Wet op Dieresiektes. Alle diere-eienaars moet redelike stappe doen om die verspreiding van beheerde siektes te voorkom en streng biosekuriteitsmaatreëls toe te pas.

So sien dit nou daaruit

Kroonstad bly die episentrum van die uitbreking, met 117 bevestigde gevalle; gevolg deur Heilbron met 93, Frankfort met 74, Bethlehem met 67 en Sasolburg met 64 gevalle as die gebiede met die hoogste syfers.

  • Ladybrand – 46 gevalle;
  • Warden – 43 gevalle;
  • Welkom – 43 gevalle;
  • Qwaqwa – 29 gevalle;
  • Bultfontein – 12 gevalle;
  • Boshof – 10 gevalle;
  • Fauresmith – 8 gevalle;
  • Smithfield – 7 gevalle;
  • Bloemfontein – 5 gevalle; en
  • Thaba Nchu – 2 gevalle

Waar om aan te meld


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie