Vandag in die nuus

Keir Starmer Foto: Getty Images
Keir Starmer Foto: Getty Images

Plaaslik

Hier is die hoofnuus wat Maandag, 22 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

  • SA-hof verbied iDexis om saamgestelde weergawes van Ozempic te verkoop in hofsaak deur Novo Nordisk aanhangig gemaak
  • Minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, sê meer as 7 000 ongedokumenteerde migrante uit Malawi vanuit Durban na tuisland teruggestuur
  • Rassie Nkuna (wat ook beskuldig word van die moord op Hillary Gardee) saam met voormalige polisieman Jacob Chego skuldig aan moord op hoogswanger vrou en haar man voor hul 2 kinders
  • Madlanga-kommissie: Video word gewys waar Mike van Wyk (Medicare24) in boodskap aan Julius Mkwanazi homself met twee groot bondels geld ‘koud waai’ 
  • Ferm boodskap van Cachalia oor 30 Junie: “Die volle mag van die reg sal aangewend word om daadwerklik op te tree teen enigiemand wat die veiligheid, sekuriteit en grondwetlike orde van ons Republiek probeer ondermyn”
  • Brown Mogotsi weer in Jhb-landdroshof waar hy vir 2de keer om borgtog aansoek doen ná vorige aansoek vroeër vandeesmaand afgekeur is
  • #JuniorBokke-groep vir Wêreldkampioenskap: Siphosethu Mnebelele nou kaptein, Thomas Beling, Cheswill Jooste & Akahluwa Boqwana ook in groep
  • Saak teen Molemo “Jub Jub” Maarohanye tot 24 Aug uitgestel, klagtes sluit in die rig van ‘n vuurwapen (of iets soortgelyk) en die afvuur van ‘n vuurwapen in die openbaar
  • Madlanga-kommissie: Mike van Wyk (uitvoerende hoof van Medicare24) vra uitstel vir verskyning voor kommissie vanweë paniekaanvalle
  • Kommer oor immigrasie-nakoming & regulering van spaza-winkels wat deur buitelanders besit word – slegs 33 sakevisums gedurende die 25/26-boekjaar goedgekeur

Internasionaal

  • Wimbledon 2023-kampioen Marketa Vondrousova vir vier jaar geskors nadat sy geweier het om toets vir verbode middels te ondergaan
  • Pous Leo het leiers skerp gekritiseer wat oorloë “voed” of aanhits terwyl miljoene mense honger ly
  • Andy Burnham amptelik as parlementslid van die regerende Arbeidersparty in VK beëdig
  • #FIFA Enkelbesering kom Duitsland duur te staan – sleutelverdediger Nico Schlotterbeck uit WB vir res van toernooi en selfs langer
  • Ondanks Iran se aankondiging van hernude sluiting, gaan maritieme verkeer teen vinnige tempo deur die Straat van Hormoes voort
  • In eerste van reeks skandale is Spanje se eks-minister van vervoer, José Luis Ábalos, tot 24 jaar tronkstraf gevonnis vir o.a. omkopery, geldverduistering en magsmisbruik
  • Ervare Britse politikus Andy Burnham (56) beskikbaar om Keir Starmer as leier van regerende Arbeidersparty en 1ste minister van VK op te volg
  • Vakbonde woedend: 50 cobots (“collaborative robots”) by General Motors in Detroit-gebied geaktiveer terwyl meer as 1 000 werknemers trekpas kry
  • Australië se grootste pluimveeprodusent plaas hoenderteelplase in Wes-Australië onder streng inperking ná dodelike voëlgriep-variant vir 1ste keer daar opduik
  • Filippyne: Twee verdagtes (14 & 15), elk met pistole gewapen, in hegtenis na 3 medeleerders doodgeskiet en nog 7 beseer is by skool
  • “Elke besluit wat ek geneem het, was daarop gemik om die land waarvoor ek lief is eerste te stel. Daarom sal ek bedank.” – Britse eerste minister Keir Starmer
  • “Geen beperkings” geld vir Israeli-troepe in suide van Lebanon, bly steeds in veiligheidsone ontplooi vir optrede teen Hezbollah
  • Bevestigde Ebola-gevalle styg tot 1 003, insluitend 254 sterftes, in ooste van DRK
  • Frankryk reik rooi waarskuwing uit ná 3 hitteverwante sterftes oor naweek, 845 skole Maandag gesluit en 1 800 leerders vroeër huis toe gestuur
  • Gaan hy of gaan hy nie? Britse eerste minister, Keir Starmer, oorweeg glo tans huidige “politieke realiteite” te midde van berigte dat hy volgende week sy amp gaan neerlê
  • Jong ma, Leah Stewart (34), wat op 13 Junie deur haai by Coogee-strand in Australië aangeval is, steeds ‘kritiek maar stabiel’
  • Daar is geen plek vir Rieko Ioane, Du’Plessis Kirifi en Noah Hotham in Dave Rennie se All Blacks-groep vir die 2026 Nasieskampioenskap nie
  • Grootste kokaïenfonds ooit in Australië toe polisie 2 700 kg van dié dwelm in ondergrondse bunkers naby Sydney gevind het
  • Internet-persoonlikheid en sanger Oliver Tree se liggaam is na Kalifornië teruggebring om ter ruste gelê te word nadat hy op 14 Junie in ‘n helikoptervoorval in Rio de Janeiro gesterf het
  • Voormalige Suid-Koreaanse minister van justisie tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis vir ‘rampspoedige krygswet’
  • 54 beseer, 18 vermis ná ontploffing Sondagaand in Katar se Ras Laffan-nywerheidsgebied


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie