Agt ure se slaap (minstens twee ure se REM). 10 000 treë. 2,5 liter water. 4-6 ure se staantyd in ’n dag. ’n Rustende harttempo van 60-80 bpm. BPM, BMI, bloedsuurstof en bloeddruk . . . en op jou pols ’n horlosie wat elke afwyking van die ideaal aanteken en elke nag se slaap gradeer. Gaan sit weer; jy het te lank gesit.
Gaan staan; jy het te lank gestaan. Data wat jou herinner dat jy nóg nie optimaal genoeg leef nie.
- Lees MJ Scholtz se volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
