Sewe koeëls het in Januarie 2007 deur Paul Blanken se liggaam geskeur tydens ’n skietery. Een van die koeëls het rakelings sy hart gemis. Sy slukderm is vernietig en groot dele van sy maag en ingewande moes verwyder word. Sy lewe sou nooit weer normaal wees nie, moes hy in die hospitaal hoor.
Vandag, op 74, oefen Blanken vir een van die wêreld se taaiste uithouvermoë-uitdagings: die Ystermankompetisie, wat voorlopig in middel April volgende jaar in Mosselbaai gehou word. Dit bestaan uit 3,8 km swem, 180 km fietsry en ‘n marathon van 42,2 km.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
