Net 117 jagluiperds (Acinonyx jubatus) loop vry in die noordelike dele van Suid-Afrika rond. Van hierdie vrylopende roofdiere, die enigste in Suid-Afrika, is na raming 100 volwassenes wat die bevolking kan laat voortbestaan.
Dit is 66,6% minder as die 300 wat aanvanklik gemeen is.
Navorsing, die sogenaamde Free-Roaming Cheetah Census (FRCC) – die eerste in sy soort wat pas afgehandel is – het gewys jagluiperds voer ’n stryd om in die vrye natuur te oorleef. Die verslag is aan die Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) oorhandig.
- Lees meer oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
