30 Junie: ’n Rondomtalie van hoe dinge vroegoggend in die land verloop

’n Onlangse protes in KuGompo-stad.
’n Onlangse protes in KuGompo-stad. Foto: X.com/Action4SA

30 Junie is die datum wat gestel is vir ongedokumenteerde immigrante om die land te verlaat en van die grootste stukrag agter hierdie beweging is afkomstig van March and March en Dudula, met verskeie ander groepe wat ook hul stem teen ongedokumenteerdes in die land wil laat hoor. Van die protesoptogte is wel amptelik goedgekeur, maar na verwagting mag daar ook optogte van stapel gestuur word wat nie deur die regte kanale gewerk het nie.

Die Verenigde Nasies het aangedui dat die situasie in Suid-Afrika van naderby gemonitor sal word.  

Gauteng

Tswane

Daar is net een optog goedgekeur vir Pretoria en dis vir March and March.

Tot dusver lyk sake oënskynlik rustig in Pretoria.

Johannesburg

Net een ander protesoptog vir March and March is vir Johannesburg goedgekeur. Dit begin by die Beyers Naudé-plein vanaf 08:30 om 10:00 na Constitution Hill te gaan.

Labour and Civic Organisation (LACO)

  • Versamelpunt: Kruising by Kotzé- en Hospitaalstraat (Hillbrow/Constitution Hill). Kom byeen vanaf 08:00, begin optog 09:00 na Binnelandse Sake, Pleinstraat

Mayibute Youth Activism Movement

  • Versamelpunt: Dale- en Modderfonteinstraat (oop ruimte). Kom byeen vanaf 09:00, vertrek 10:00 na Sandton Plant Hire-kantore

Vrystaat

Bloemfontein

Die polisie is reeds in die sakekern van Bloemfontein ontplooi.

KwaZulu-Natal

Durban

Dié stad word allerweë beskou as die brandpunt van die protesoptogte en daar sal na verwagting duisende mense aan hierdie optogte deelneem.

Ander goedgekeurde optogte word hier beplan:

  • Versamelpunt: King Dinizulu Park, Durban. Begin 09:00
  • Versamelpunt: Donnybrook-kruising, Donnybrook. Begin 09:00
  • Versamelpunt: Marburg langs KFC, Port Shepstone. Begin 09:00

Onbevestigde bronne berig dat daar reeds met protestoptogte in Stanger begin is.

Ook Escourt word as ‘n brandpunt vir protesaksie beskou.

Mpumalanga

March and March

  • Versamelpunt: Park tussen hospitaal en waterwerke, Emalahleni. Begin 09:00

Wes-Kaap

Tot dusver heers daar ook ‘n kalmte in Kaapstad. Maar protesoptogte word later deur die loop van die dag verwag.

“Die inwoners van die land verdien beskerming. Daar’s ‘n fyn lyn tussen anargie en eer, en julle is daardie blou lyn,” was die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, lt.genl (adv.)Thembisile Patekile se boodskap aan die polisie in die Wes-Kaap.

Limpopo

In Limpopo het die National Taxi Alliance se woordvoerder, Frans Kgasago, gesê taxibestuurders wat nie aan diens is nie en aan die optog wil deelneem, is welkom om dit in hul persoonlike hoedanigheid te doen. Hy het egter beklemtoon dat die alliansie hom nie met enige vorm van vigilante-optrede sal vereenselwig nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie