30 Junie-optogte: Só verloop March and March se frustrasie

So het March and March-betogers in Pretoria in April teen onwettige immigrante betoog.
So het betogers in Pretoria in April teen onwettige immigrante betoog. Foto: Emmanuel Croset, AFP.
  • Maart 2024: March and March word in Durban deur Jacinta Ngobese-Zuma gestig.
  • 24 Maart 2025: March and March se eerste amptelike optog in Durban oor gemeenskapskwessies, staatsdienslewering en vrese oor ekonomiese mededinging.

Vanjaar:

  • 9 Februarie: Ngobese-Zuma sê op ’n perskonferensie in Umhlanga, March and March is geregistreer as ’n organisasie sonder winsbejag. Die groep se fokus verskuif na die “nasionale krisis” van immigrasie en misdaad.
  • 24 en 25 Maart: March and March hou ’n herdenkingsoptog in Durban saam met groepe soos Operation Dudula.
  • 28 April: Die eerste gekoördineerde nasionale optogte teen onwettige immigrante in Pretoria, Johannesburg en Durban, begin.
  • 30 April: Geweld breek uit toe March and March-betogers in Johannesburg van goedgekeurde roetes afwyk. Buiteleners word aangerand.
  • 25 Mei: March and March gee die sperdatum van 30 Junie vir ongedokumenteerde immigrante om die land te verlaat.
  • 26 Mei: March and March vergader met ministers by die Uniegebou.
  • 1 Junie: Buurlande reageer. Mosambiek begin met vrywillige repatriëring van meer as 500 burgers uit die Wes-Kaap weens veiligheidsvrese.
  • 3 Junie: Ngobese-Zuma ontken in internasionale media-onderhoude dat die beweging xenofobies is. Malawi kondig vrywillige repatriëringsprogram aan.
  • 4 Junie: Die MK-party gee sy steun vir die 30 Junie-sperdatum.
Pres. Cyril Ramaphosa.
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS.
  • 7 Junie: Pres. Cyril Ramaphosa sit “bestuursbenadering tot onwettige migrasie” in ’n familievergadering uiteen.
  • 8 Junie: Duisende betogers bring dele van Ekurhuleni tot stilstand.
  • 16 Junie: March and March wil in Seepunt betoog, maar misluk weens polisie-ingryping. Tydens Jeugdag-herdenkings by Nasrec, Johannesburg, betig Ramaphosa leiers van die anti-immigrant-betogings.
  • 17 Junie: Die repatriëringskrisis verskerp. Massas Zimbabwiërs daag by die konsulaat in die Kaap op om die land te verlaat. Ramaphosa deel die regering se plan om informele handelaars te reguleer en veroordeel 30 Junie-optogte.
Betogers teen onwettige immigrante in November verlede jaar in Johannesburg.
Betogers teen onwettige immigrante in November verlede jaar in Johannesburg. Foto: Luba Lesolle, Gallo.
  • 22 Junie: Firoz Cachalia, waarnemende polisieminister, stel R600 miljoen beskikbaar vir polisieversterkings tydens betogings.
  • 23 Junie: Die Noordwes-Universiteit sê kampusse is gesluit op 30 Junie. In Boksburg dwing betogers ondernemings om te sluit en beskadig winkels. Die polisie en binnelandse sake haas om wer-kers se dokumente na te gaan.
  • 24 Junie: March and March vergader. Ngobese-Zuma kap na die regering en kritiseer die miljoene wat beskikbaar is vir ingryping. Sy sê landswye optogte op 30 Junie sal vreedsaam wees. Die Suid-Afrikaanse Spaza-vereniging sê daar is geen plan om die duisende buitelandse spaza-winkels te vervang as dit op 30 Junie moet sluit nie.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie