Eerder son as oorlog, sê Kiëf se inwoners

Kinders speel in die Dnipro-rivier op Troekhanif-eiland in Kiëf. Foto: Tetiana Dzhafarova, AFP

’n Kop kom te voor­skyn voordat dit weer in die donker water van Kiëf se Dnipro-­rivier op die warmste dag van die jaar verdwyn.

’n Menseredder spring in. Sonbaaiers let skaars op na die opskudding en die man word vinnig na die oewer gebring.

Hierdie keer was dit ’n demonstrasie deur die staat se noodreddingsdiens – wat die risiko’s van verdrinking uitbeeld terwyl Oekraïners na die stad se strande gaan om weens stygende temperature af te koel. Die kwik kan hierdie week tot 38 °C in Oekraïne styg, terwyl Europa se dodelike, ­rekordoortreffende hittegolf ooswaarts beweeg en die westelike helfte van die land oorspoel.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie