Die Papier kuier by Innibos en sy lesers

Die Papier.
Foto: Verskaf.

Die Papier het ’n suksesvolle stigtingtingsfase agter die rug waarin teikens behaal en oortref is, het Barnard Beukman, redakteur van die koerant, by die Innibos Kunstefees in Mbombela gesê.

Volgens hom word die vestigingsfase nou binnegegaan, wat harde werk gaan wees, maar momentum word gekry van lesers en adverteerders. Hy was by die ATKV-Boeke-oase in gesprek met Izak du Plessis van Nuuspod.

Voor ’n vol gesprekslokaal het hy gesê die gedrukte koerant bly ’n belangrike skakel in enige media-aanbod, want daar is steeds ’n belangrike deel van die lesersgemeenskap wat ook die ontledende uiteensettings van hul aktuele omgewing soek. Die groot verrassing is die betrokkenheid van jonger lesers, veral die in hul dertigs, aan die diskoers in die koerant.

Die gedrukte koerant is net een aspek van Die Papier se handelsmerk. Die Papier Praat op YouTube Donderdagaande om 19:00 en die webwerf is van die inisiatiewe wat die volle media-aanbod begin lewer.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie