Dina Pule, die nuwe minister van maatskaplike ontwikkeling wat voorheen aan opetiese gedrag skuldig bevind is, het 10 jaar later steeds nie al haar belange aan die parlement verklaar nie.
Die Papier kan onthul die parlement se jongste beskikbare belangeregister (Junie 2025 tot Junie 2026) toon geen teken van Pule se sakebelange in Xiximani va Manana, ’n vooraanstaande koöperatiewe onderneming, nie.
Sandi Mbatsha, woordvoerder vir Pule, het Die Papier Donderdag ná saktyd in kennis gestel dat die direkteurskap ’n oorsigfout was, sy eers daarvan bewus geword het met Die Papier se navraag, en dat die minister se kantoor Donderdag met die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom geskakel het om haar as direkteur te verwyder.
“Die onderneming doen geen sake waarvan die minister bewus is nie en ons is in kennis gestel dat haar bedanking as direkteur Vrydag sal wys.”
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
