Suid-Afrika het die afgelope jaar gesien hoe anti-immigrante-aksiegroepe soos March and March en Operation Dudula in beswaar teen onwettige immigrante opruk.
Dr. Leon Schreiber, die minister van binnelandse sake, sê niemand het die reg om immigrasie-vereistes toe te pas nie en slegs die staat mag dit doen. “Ons kan nie geweld bekostig nie. Die ekonomie is broos en wat die afgelope tyd afgespeel het, het gewys ons kan nie geweld in die land duld nie.
“Hierdie probleem het nie gister ontstaan nie. Die mense wat tans onwettig in Suid-Afrika is, het oor jare hierheen gekom. Dit is ’n probleem wat op groot skaal oor ’n lang tydperk ontstaan het.
“Wat nou natuurlik saak maak, is hoe ons dit gaan oplos.”
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
