Hier is die hoofnuus wat vandag, 12 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.
Plaaslik
Meer as 53 000 buitelandse burgers is tot op hede verwerk in proses van deportasie en repatriasie na lande van herkoms
Sacha Feinberg-Mngomezulu se herstel van so ‘n aard dat hy waarskynlik op 8 Aug vir die Bokke teen Argentinië op die veld sal wees
Minister Sindisiwe Chikunga gelas forensiese ondersoek na finansiële bestuur van Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap te midde van toenemende kritiek & ondersoek
Tshwane Metropolisie se kabeldiefstaleenheid het man wat voorgegee het hy is ‘n elektrisiteitskontrakteur, in Soshanguve in hegtenis geneem
Volgens hofstukke wat DA vandeesweek by Jhb-hooggeregshof ingedien het, het Stad Johannesburg glo senior bestuurskorps onregmatig met meer as 200% uitgebrei
Meer as 400 openbarevervoeroperateurs in Gauteng kan bedryfslisensies verloor indien hulle dit nie teen 14 Augustus afhaal nie
#ActionSA-burgemeesterskandidate bekend: Oud-ANC-burgemeester van Tzaneen, Maripe Mangena, vir Mopani-distriksmunisipaliteit & Ponani Makhubele (wat Mei 2025 uit MK bedank het) vir Groter Giyani plaaslike munisipaliteit
Driekuns deur Kenton Melville inspireer SA-manshokkiespan Sondag tot oorwinning van 5-2 oor Maleisië in laaste toets, wen toetsreeks met 3 uit 3 oorwinnings
Malmesbury: 2 dood, 8 beseer in skietvoorval in Wesbank waarvan 1-jarige onder beseerdes glo in gesig geskiet is
Twee vriende skiet mekaar glo met dieselfde vuurwapen tydens onderonsie oor ‘n vrou in Ottawa, KZN
Internasionaal
Die amptelike datum vir Israel se verkiesing is op 27 Oktober vasgestel
‘Antiques Roadshow’-ster Theo Burrell (39) oorlede – sy is in 2022 met glioblastoom, ‘n uiters aggressiewe en ongeneeslike vorm van breingewas gediagnoseer
Volodimir Zelenski het eerste minister Joelia Svyrydenko ná slegs 1 jaar in amp afgedank, glo nog veranderinge op pad
Engelse krieketraad het aangedui dat Brendon McCullum gaan uittree as die land se toetskrieketspan-afrigter
Vrou (24) doodgesteek, ‘n man beseer in aanval in weste van Londen, 44-jarige man in hegtenis geneem in verband met moord
Marc Marquez wen die Duitse MotoGP Grand Prix
Anjum Chopra, eerste Indiër-vrou wat 100 eendagwedstryde gespeel het en het meer as 3 500 lopies in internasionale krieket aangeteken het, vereer met opname in IKR se Krieketheldesaal
Tifoon Bavi afgradeer tot tropiese storm ná dit aan land in Oos-China beweeg het, nagenoeg 2 miljoen mense oornag na veiligheid ontruim
Katar vroegoggend deur Iranse ballistiese missiele getref, raai eienaars van watervaartuie (insluitend rekreassie- en vissersbote en waterponies) aan om alle aktiwiteite voorlopig te staak
VSA ontplooi volle militêre mag teen Iran ná Teheran die Straat van Hormoes sluit: “Nou gaan hulle die prys betaal,” sê Pete Hegseth
LP’s van Reform UK-party onder 24-uur-beskerming geplaas ná moord op Britse politikus Ann Widdecombe (78), partyleiers vrees moontlike nabootsingsaanvalle
Omaanse regering veroordeel aanval op sy grondgebied ten sterkste, Iran sê aanval deel van spervuur wat op lande regoor Golfstreek gemik was
Pres. Donald Trump het Sondag hulde gebring aan die Republikeinse senator Lindsey Graham, beskryf hom as “een van die grootste mense” ná die dood van sy sleutelbondgenoot aangekondig is
Nóg ‘n skietvoorval ruk Kanada met 2 dood en minstens 4 beseer tydens salsafees in Toronto, verdagte nog op vrye voet
Katar se voormalige emir, sjeik Hamad bin Khalifa Al Thani, is in die ouderdom van 74 oorlede
