Dís hoekom energiedrankieslaat jou bloeddruk laat styg

Manometer for measuring blood pressure with red heart on wooden background.

“Wat kommerwekkend is, is dat ons al hoe meer jongmense met hoë bloeddruk sien.”

So sê Arinda Kruger, ’n apteker van Witbank.

Hoewel hoë bloeddruk gewoonlik met middeljarige en ouer mense geassosieer word, waarsku gesondheidswerkers dat die toestand toenemend onder jong volwassenes voorkom.

In die internasionale bloeddrukbewusmakingsveldtog May Measurement Month, waaraan 11 320 Suid-Afrikaners deelgeneem het, is bevind dat 15,6% deelnemers jonger as 40 jaar aan hoë bloeddruk ly. Wat nog meer kommerwekkend is, is dat 76% van dié mense nie geweet het hulle leef met hoë bloeddruk nie.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie