pynpolisie
s.nw. (studentetaal; skertsend)
Noodhulp- of ambulansbeamptes wat by ’n sportbyeenkoms diens doen: As Ceasar jou grond toe bring, … boor (hy) jou letterlik in die grond en gee die pynpolisie ekstra werk (Rapport, 25 Jul. 1999, 8); ’n Uitgeputte deelnemer (word) op ’n draagbaar weggedra. Die “pynpolisie” het … hul hande vol gehad (tydens die Comrades-veldloop) (Beeld, 17 Jun. 1998, 9 — byskr.).
