Sondag 31 Mei om 09:30 was die luggehalte in Johannesburg die swakste ter wêreld.
Die stad het dié dag die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglyne vir gesonde lug byna 3,5 keer oorskry.
Air Quality Index (IQAir) het die luggehalte gemeet.
Inligting van IQAir wys dat Suid-Afrikaners in Gauteng en Mpumalanga van die vuilste en giftigste lug op aarde inasem.
Dié afgelope week het IQAir inwoners van Vanderbijlpark, 70 km suid van Johannesburg, gewaarsku dat hulle giftige lug inasem en geen oefening buitenshuis moet doen nie.
Hulle behoort boonop maskers te dra en alle deure en vensters na hul huis toe te maak.
- Lees die volledige berig oor dié kwessie in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
