Chad nou Bond . . . Statebond

Le Clos in aksie in Glasgow.
Le Clos in aksie in Glasgow. Foto: Adam Pretty/Getty Images.

Die swemeer Chad Le Clos het as lid van die Suid-Afrikaanse span verby Emma McKeon van Australië geskuif toe hy die bronsmedalje in die heel laaste item in die swembad in die mans 4×100 m-wisselslag-aflos gewen het.

Le Clos was in 2010 in Delhi by sy eerste Statebondspele in aksie en het ’n rekord sewe medaljes in 2014 gewen toe die Spele ook in Glasgow aangebied is. Altesaam sewe goue, vyf silwer- en nege bronsmedaljes sal voortaan in sy vertoonkas uitgestal word.

Nog ’n Suid-Afrikaner wat in Glasgow almal aan die praat het, is Pieter Coetzé. Hy het rekordoorwinnings in die mansrugslag behaal en spog met drie goue medaljes.

  • Lees die volledige artikel en meer oor die Statebondspele in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie