Dina Pule: Vervolger moet nou besluit oor vervolging

Dina Pule.
Dina Pule. Foto: Gallo Images.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) moet besluit of hy Dina Pule, die minister van maatskaplike ontwikkeling, weens korrupsie gaan vervolg. Die Valke het vandeesweek by monde van lt.kol. Katlego Mogale, ’n woordvoerder, aan Die Papier bevestig ’n dossier is op 24 Julie 2025 na die NVG vir ’n besluit oor vervolging verwys.

Dit gaan oor ’n klagte wat die DA in 2013 aangemeld het oor beweerde korrupsie met aanstellings in die departement van kommunikasie en staatsinstellings wat daaronder val.

OB-ondersoek

Die openbare beskermer en die parlement het in 2013 albei Pule se betrokkenheid by haar departement se ICT Indaba ondersoek. Adv. Thuli Madonsela het in haar OB-ondersoek bevind dat Pule se departement se “donasie” van R10 miljoen aan die ICT Indaba nie aan die tesourie se reël voldoen het nie. Daarom was dit “onwettig” en “onbehoorlik” en het op “wanadministrasie” gedui.

Madonsela het bevind dat MTN se borgskap van R15 miljoen vir die ICT Indaba uit die geleentheid se aangewese bankrekening herlei is.

Nog R6 miljoen is sonder behoorlike magtiging na Mngqibisa se maatskappy, Khemano Productions, oorgeplaas.

Madonsela het ook bevind dat Pule nie eerlik was oor haar romantiese verhouding met Mngqibisa nie. Dit het hom toegelaat om voordele wat vir ’n gade bedoel was, te geniet, en amptenare vir haar eie foute te blameer. Volgens Madonsela het sy Mngqibisa se belange bo dié van haar departement en die staat gestel.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos