puur ww., het gepuur. (gew. saam met uit) (verouderd)
1 Haal of verkry: Die Randse goudvelde … is … velde met harde ertslae, waaruit die goud slegs gepuur kon word deur middel van ingewikkelde tegniese en chemiese bewerking van die erts (A. Coetzee: Afr. Kultuurgedagte, s.j., 361).
2 PUT: Haar wêreldkennis het sy uit Die Huisgenoot en Die Kerkbode gepuur en haar lewenswysheid uit die Bybel (E. v. Heerden: Klok, 1966, 74).
