Droom jy reeds van wit strande en die reuk van sout in die lug? Voel dit asof jy elke oggend swaarder opstaan en die dae nimmereindigend is? Jy is nie alleen nie. Maar is al hierdie mense werklik uitgebrand, of voel almal so teen die middel van die jaar?
Volgens Reinhard Korb, ’n spesialis in uitbranding van Johannesburg, word die term dikwels te maklik gebruik. Hy meen uitbranding is ’n subjektiewe en genuanseerde toestand wat dikwels verkeerd verstaan word.
Ware uitbranding behels uiterste chroniese fisieke, emosionele en geestelike uitputting wat ’n persoon naby totale ineenstorting bring. “Baie mense wat dink hulle ervaar uitbranding, is eintlik net moeg, uitgeput of sukkel met lae vlakke van energie, motivering en entoesiasme,” verduidelik hy.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
