‘Semi-Soet’ is semi-stout

Die sanger en akteur Bobby van Jaarsveld.
Die sanger en akteur Bobby van Jaarsveld. Foto: Verskaf.

Of jy nou wil lekker lag of net vir Bobby van Jaarsveld in ’n Speedo wil sien, belowe die Semi-Soet-musiekblyspel vermaak vir oud en jonk. Die Papier het tydens ’n repetisie by die produksie span gaan inloer en een ding is duidelik: Die energie en talent op die verhoog is dinamies.

Anel Alexander, wat die hoofrol van Jaci vertolk asook die kreatiewe regisseur is, sê sy kan skaars glo dat sy ná die oorspronklike fliek in 2012 steeds dieselfde karakter speel – en nou ook in die opvolgfliek, Semi-Soet 2. 

“Ons was aanvanklik onseker of die rolprent op ’n verhoog sou werk, en nou lyk dit asof dit op die planke moes wees.”

Verlede jaar was 48 vertonings van die blyspel uitverkoop. Vanjaar maak dit geskiedenis as die eerste Afrikaanse produksie in 12 jaar wat by die Teatro in Montecasino – een van die grootste teaters in Suider-Afrika – aangebied word.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos