Vandag in die nuus

In Nederland word gewaarsku teen dwelms wat soos Donald Trump lyk. Foto: X
In Nederland word gewaarsku teen dwelms wat soos Donald Trump lyk. Foto: X

Hier is die hoofnuus wat vandag, 29 Augustus, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

#Curriebeker Onkeerbare Pumas (met 14 man op die veld) het behoorlik Cheetahs se brul gemuilband en hul doppie met oortuigende 52-26-oorwinning geklink

#Proteas vs Zimbabwe in driehoekige T20I-reeks: Zim het 144/8 op telbord teen einde van eerste beurt

uMngeni-burgemeesterskandidaat, Chris Pappas, het sy manifes vir komende plaaslike regeringsverkiesings in Lidgetton bekendgestel en inwoners gevra om hul stemme aan hom toe te vertrou, soos hulle 5 jaar gelede gedoen het

2 gewapende mans het op EMS-lede losgebrand toe hul ambulans (met pasiënt) by Phumlani-tolplaza vanweë spykers in die pad tot stilstand moes kom, niemand tydens voorval beseer nie

Ondanks regsgeding wat Fikila Mbalula teen haar ingestel het, volstaan ANC-veteraan Nkosazana Dlamini-Zuma by haar bewerings dat Mbalula geld gebruik het om stemme by ANC-nasionale konferensies te koop, Mbalula ontken dit

#Verkiesingsveldtog ANC-pres. Cyril Ramaphosa sê verpligte militêre opleiding is nodig maar baie duur, sê dit leer dissipline, maar SA het begrotingsbeperkings

Atlantis-misdaadvoorkomingseenheid het twee tieners (16 & 18) in hegtenis geneem vir besit van onwettige vuurwapen wie se eienaar glo afgesterf het

#Proteas vs Zimbabwe se T20I-wedstryd vanweë tegniese probleme (beeld en klank) nie meer op SuperSport uitgesaai nie

Gebou aan brand op h/v Lillian Ngoyi- en Von Wiellighstraat in JHB-middestad, nooddienste op toneel, maar inwoners sê nabygeleë brandkrane werk nie

Marwaan Alexander (49), gevangenisstraf van 25 jaar opgelê in Bellville-hof ná skuldig bevind aan bevordering/ ondersteuning van bende-aktiwiteite, besit van ongelisensieerde en verbode vuurwapens, onwettige besit van ammunisie, plofstof en dwelms

’n Pa in sy 50’s en sy vierjarige seun is vroeg Saterdagoggend dood in ’n brand wat ’n gedeelte van ’n dubbelverdiepinghuis in Eden Glen, Edenvale, verwoes het.

100de roubeklaers sal na verwagting Saterdag by Sisa Dukashe-stadion in Mdantsane bymekaarkom vir begrafnis van tweemalige wêreldbokskampioen, Zolani Tete, wat op 21 Aug voor sy huis doodgeskiet is

Internasionaal

Britse verregse kommentator Milo Yiannopoulos deur Amerikaanse immigrasieowerhede aangehou en word deur deportasie in die gesig gestaar nadat hy sy visum oorskry het & versuim het om by immigrasie-verhoor op te daag

Sy eerste trane op tennisbaan was toe Roger Federer sy held, Pete Sampras, geklop het – maar Roger voorspel ‘gelukkige trane’ wanneer hy tot Internasionale Tennis se heldesaal toegelaat word

Gabriel Perez, voormalige Withuis-teleprompteroperateur, beveel om $172 539 te betaal nadat hy vroeë toegang tot Trump se toesprake gebruik het om onwettige transaksies op voorspellingsmark-platform uit te voer

Nigerië in spervuur oor regeringsgesteunde massa-troues waar kwesbare vroue (insl. weeskinders, tienermeisies en vroue uit lae-inkomstegesinne) betrokke is, baie van hulle trou met aansienlik ouer mans

Gevaarlike rook het op Saterdagoggend steeds uit oorblyfsels van Khlong Thom-sentrum opgestyg ná 11 mense beseer en honderde kleinhandelstalletjies in sentrale Bangkok beskadig is tydens groot brand

Volgens die VN het Haïti bykans 200 000 gedwonge gedeporteerdes ontvang ná wrede bendemoord waartydens byna 50 mense naby die hoofstad vermoor is

Nederlandse instituut vir dwelmverslawing en geestesgesondheid waarsku gebruikers oor moontlik dodelike ekstase-dwelms wat soos Donald Trump se kop lyk

Minstens 27 mense is dood en tientalle beseer nadat ’n Russiese hommeltuigaanval ’n ontploffing by ’n pakhuis naby Kiëf veroorsaak het

Katastrofiese oorstromings, sneeu & modderstortings tref Andes-streek met veral Chili, Peru & Bolivia swaar getref, Peru-pres. het noodtoestand afgekondig ná waarskuwings dat tot 1,2 miljoen mense hierdeur geraak kan word

Ongeveer 265 000 stemgeregtigde kiesers in Ysland sal Saterdag stem of hul land weer gesprekke oor lidmaatskap van EU moet hervat, jare ná onderhandelinge tot stilstand gekom het

Oud-president Lenín Moreno van Ecuador, een van 20 wat skuldig bevind is, tot 5 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy omkoopgeld van Chinese maatskappy Sinohydro ontvang het, aanklaers sê omkoopgeld van $76 miljoen is betrokke

Inwoners vertel nasionale televisie in Niger afgesny ná geweervuur deur die nag in hoofstad Niamey, lughawe en presidensiële area ook deur aanvallers geteiken

Trump-administrasie oorweeg grondruiltransaksie waar private ontwikkelaar strook van Yosemite Nasionale Park sal ontvang om pad te bou wat beplande kommersiële ontwikkeling met belangrike roete in park sal verbind

Pete vir president? Luidens gerugte oorweeg Pete Hegseth, VSA-minister van verdediging, glo dit om hom in 2028 as presidentskandidaat beskikbaar te stel

Verlaging van aanstellingstandaarde by FBI beteken persoonlike geskiedenis van huur van prostitute of selfs diefstal van werkgewer moontlik nie meer struikelblok vir indiensneming nie

Gladys Knight (‘Midnight Train to Georgia’) het aangekondig dat sy op 82-jarige ouderdom uit openbare oog gaan tree om meer tyd met haar gesin deur te bring

Trump sê VSA het ooreenkoms met Venezuela aangegaan om beheer oor 65 miljard vate van dié land se oliereserwes te verkry

As Tennessee se goewerneur sy sin kry, gaan Nashville-lughawe eersdaags na Dolly Parton vernoem word


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos