Hier is die moontlike scenario’s wat môre in die derde toets in die Greatest Rivalry-reeks in die FNB-stadion in Johannesburg kan afspeel.
Eerstens, wen die Springbokke, kan hulle dié reeks nie meer verloor nie. Trouens, dit sal beteken dat Suid-Afrika twee uit die drie toetse op tuisbodem wen – ’n sielkundige oorwinning voor die toets in Baltimore.
Tweedens, wen die All Blacks, dan was hulle baas in ons agterplaas. Dit sal beteken Suid-Afrika moet in ’n volksvreemde land met die Nieu-Seelanders vir ’n gelykopuitslag gaan afreken.
Nog ’n punt om te opper, is die kouefront wat Gauteng vandag tref. As jy na die voorlopige weervoorspelling kyk, gaan dit ’n nat en modderige affêre wees. Sou die prentjie uitspeel, is dit ’n verdere voordeel vir die Bokskrum, wat onder hewige kritiek van die All Black-afrigter, Dave Rennie, deurloop – ’n duidelike noodkreet uit frustrasie, waarop sy voorry geen antwoord het nie.
- Lees dié artikel én kry al jou ander rugbynuus in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
