Van geldwaens tot ’n bom in kantoor

’n Ontploffing het Fidelity se kantoorgebou op 22 Augustus beskadig.
Screenshot

Bomme binne bereik

Willem Els, ’n plofstofkenner en senior opleidingskoördineerder by die Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS), sê die kompleksiteit van sulke toestelle kan wissel, terwyl die beskikbaarheid van moderne tegnologie en sekere materiaal die uitdaging vir wetstoepassers vergroot.

Volgens hom kan sommige van die komponente wat vir wettige doeleindes gebruik word, ook deur misdadigers misbruik word. Hy waarsku dat die probleem veral ernstig is wanneer kommersiële plofstof wat in nywerhede soos mynbou en konstruksie gebruik word, uit wettige voorsieningskettings onttrek en vir misdaad aangewend word. “Dit is baie riskant,” sê Els oor die beskikbaarheid van materiaal en tegnologie wat vir plofstofverwante misdaad misbruik kan word.

Hy sê die uitdaging vir wetstoepassers is dus ook om te bepaal hoe materiaal en komponente uit wettige voorsieningskettings in die hande van georganiseerde misdaad beland. 

Die probleem word verder deur tegnologiese vooruitgang bemoeilik.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos