Die alombekende wêreldkaart, die Mercator-kaartprojeksie, wat Afrika veel kleiner laat lyk as wat dié vasteland werklik in verhouding tot ander vastelande is, is nie “anti-Afrika” nie.
Die Mercator-kaartprojeksie is bloot vir ’n ander doel ontwerp, sê Chris Berens, ’n kartograaf en stigter van MapLand in Kaapstad. Dit kom nadat Suid-Afrika en ander Afrika-lande onlangs oorweldigende steun by die Verenigde Nasies (VN) gekry het vir die bevordering van kaarte wat Afrika se relatiewe grootte meer lewensgetrou weergee.
Sowat 164 uit 193 VN-lidlande het in ’n sitting van die Algemene Vergadering ten gunste van die resolusie gestem.
Amerika was die enigste land wat daarteen gestem het.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
