‘Boer soek ’n vrou’: Hoe drasties gaan die romantiese skille van die oë begin val?  

Francois lag darem nog steeds. Foto: Skermgreep
Francois lag darem nog steeds. Foto: Skermgreep

“Wanneer jy jou mens vind, verweef twee wêrelde – twee lewens – elk met hul eie families en vriende. Om op ’n plaas te kom bly, beteken jy word deel van ’n gemeenskap, ’n nuwe familie, ’n nuwe vriendekring,” het Reandi gesê noudat die boere hul kuiergaste aan húl mense begin bekendstel het.

In die 10de episode van Boer soek ’n vrou, kykNET se gewilde maatsoekreeks, het die spanning na ’n nog hoër rat oorgeskakel. Verlede week het Willie en Arno se gaste reeds met hul familie en vriende kennis gemaak. In hierdie episode was dit Jack, JD en Francois wat moes regstaan om een vir een deur dieselfde vuurdoop te gaan.  

Jack voel ’n ‘vibe’

Jack. Foto: Skermgreep
Jack. Foto: Skermgreep

Op die appel- en peerboer Jack se plaas digby Hermanus het Hanli en Anri elke kans benut wat hulle kon om ook enkeltyd met die jong boer te bewerkstellig. Dit het gewoonlik gebeur as een van die twee gou iewers anders moes wees, en dan is daar vinnig ingespring om daardie “gesteelde oomblikke” met Jack ten volle te benut.

Anri. Foto: Skermgreep
Anri. Foto: Skermgreep

Dit het geen afbreuk gedoen aan sy vaardigheid in die kombuis nie en die span het die heerlikste omelette geniet. “Ja,” het Jack erken, “kos is my liefdestaal.” Maar vir wie se hart was hierdie boodskap op ’n bord bedoel?

Tydens enkeltyd met Hanli het Jack vir haar genoem dat hy haar gekies het omdat sy in die area is, maar dat hy haar nog nooit voorheen raakgeloop het nie – en dat hy nuuskierig was daaroor . . .

Jack en Hanli. Foto: Skermgreep
Jack en Hanli. Foto: Skermgreep

Hanli het gevoel dat Jack weet daar’s gevoelens van haar kant af, maar sy wou graag ook van sy kant iets meer hoor. Intussen het sy tog wel sy sin vir humor baie geniet.

Jack en Anri. Foto: Skermgreep
Jack en Anri. Foto: Skermgreep

Ook Anri het die tyd op die plaas as rustiger ervaar. Terwyl hulle enkeltyd geniet het, wou sy by Jack weet hoe hy voel oor aanraking. Haar terugvoer rondom haar eie gevoelens daaroor het hom verbaas en hy het besef hy sal meer versigtiger moet trap.

Tog het hy gevoel hy “vibe” met altwee, maar net op verskillende vlakke. Terwyl die drietal met ’n jenga-spel besig was, het elke jenga-houtblokkie ’n vraag verteenwoordig. Dit het tot vele interessante gesprekke en antwoorde gelei.

Gaan iemand se blokkies tuimel? Foto: Skermgreep
Gaan iemand se blokkies tuimel? Foto: Skermgreep

Anri en Hanli het baie uitgesien daarna om Jack se mense te ontmoet. Onafhanklik van mekaar het altwee gevoel dat dit juis daardie groep mense sou wees wat hulle kon bystaan om hom beter te verstaan en natuurlik ook meer te wete te kom oor die mens wat hy werklik is.

Mooimaaktyd vir die familie en vriende. Foto: Skermgreep
Mooimaaktyd vir die familie en vriende. Foto: Skermgreep

Die twee potensiële pasmaats het nie lank gehuiwer voordat die vriende met vrae oor Jack gepeper is nie. Maar gaan die uiteinde geografies bepaal word: Is dit plaaslik (Hanli) of die Vrystaat (Anri)? 

Jack se vriende en familie. Foto: Skermgreep
Jack se vriende en familie. Foto: Skermgreep

Die meerderheid het hul keuse uit die twee meisies gemaak, maar aan die einde van die dag is dit Jack se liefdeslewe wat nou die fokuspunt is.

Is daar iemand wie se skille nou afgeval het? Foto: Skermgreep
Is daar iemand wie se skille nou van hul oë afgeval het? Foto: Skermgreep

Wat wel intussen gebeur het, is dat Jack en sy potensiële pasmaats reeds deur die aanvanklike romantiese skille van die oë begin sien het – en besef dat alles nie perfek is nie . . .

Francois kry (die regte?) koers

Francois begin rigting vind. Foto: Skermgreep
Francois begin rigting vind. Foto: Skermgreep

Intussen het Beniska en Sonel Francois, natuurbewaarder van Hoedspruit, op sy plaas verbaas gelaat oor hoe kompeterend die twee kan wees, selfs al het hulle ’n kinderspeletjie gespeel. Maar hy het dit beslis geniet.

Speletjietyd was groot pret. Foto: Skermgreep
Speletjietyd was groot pret. Foto: Skermgreep

Tussen al die gelag deur, het hulle hom natuurlik ook gepeper met vrae, soos byvoorbeeld wat vir hom ’n rooi vlag is rondom meisies.

“Rook, kontak met haar eks . . . en vir my, ek kan nie met iemand wees wat nie dieselfde geloof en waardes as ek het nie,” was sy reaksie. En wat gevoelens aanbetref?

“Ek dink die rigting waarin ons nou gaan, dis korrek.”

Boonop was daar reeds iemand met wie hy baie rustig begin voel het en ook heerlik mee kon saamlag. Maar gaan dit genoeg wees?

Sonel. Foto: Skermgreep
Sonel. Foto: Skermgreep

“Wat ek optel van Francois . . . hy is baie emosioneel intelligent,” was iets wat Sonel oor hom kwytgeraak het. 

Wat sy wel van hom waardeer het, is dat hy eers sake mooi oordink voordat hy op iets reageer. Onwetend het hy dit beaam en genoem dat hy steeds maar ’n filter voorhou en nie al die vrae vra wat hy graag sou wou vra nie.

Sonel. Foto: Skermgreep
Sonel. Foto: Skermgreep

Beniska wou trompop by hom weet of hy bang is sy gaan hom oordonder. Hy het erken sy het ’n sterk persoonlikheid, maar dat dit hom nie regtig afskrik nie. Wat hom wel bekommerd gelaat het, is dat hy nie gou met ’n gesin wil begin nie. Die reisgogga is nog aktief . . . en alhoewel Beniska nie ongeneë is om ook reistasse te pak nie, het sy wel die voorbehoud dat sy iewers anker wil gooi.

Beniska. Foto: Skermgreep
Beniska. Foto: Skermgreep

Ironies het Francois vir haar gesê sy naam beteken “vrye man” – en toe het Beniska hom meegedeel dat haar naam “familie” beteken. Gaan die betekenis van hul name dalk ’n onoorkombare hekkie vir die pad vorentoe wees? 

Tyd om familie en vriende te ontmoet. Foto: Skermgreep
Tyd om familie en vriende te ontmoet. Foto: Skermgreep

Die kuier met familie en vriende het Francois behoorlik op sy senuwees gehad. Hy het in ’n stadium gesê dit voel amper of hy die aand gaan trou. Natuurlik het Francois se ouers ook vir Beniska en Sonel ontmoet en hulle het die twee as uiteenlopend ervaar: rustiger teenoor “meer loud” . . . 

Francois se ouers. Foto: Skermgreep
Francois se ouers. Foto: Skermgreep

Francois self het al klaar ’n gedagte in sy kop gehad oor die persoon met wie hy meer van ’n konneksie vind. Maar hy het nie veel meer verklap nie. Dit het egter nie sy ma geflous nie. Sy ken immers haar kind en kon sien watter een van die twee sy aandag meer getrek het.

Wie gaan wen? JD se kop of sy hart?

Wie gaan dit wees? Foto: Skermgreep
Wie gaan dit wees? Foto: Skermgreep

Doer in die Vrystaat op JD se plaas het die meisies hulself mooi opgetof vir die ontmoeting met sy familie en vriende.

JD se familie en vriende. Foto: Skermgreep
JD se familie en vriende. Foto: Skermgreep

Lara en Leoné kon nie wens vir ’n hartliker verwelkoming nie. En sy familie en vriende het hom glad nie beny nie want hulle self kon nie kies wie hulle dink beter op die plaas by hom sal aard nie.

Leoné. Foto: Skermgreep
Leoné. Foto: Skermgreep

Maar een ding waaroor hulle almal dit eens was, was dat JD ’n maatjie nodig het. Daardie mens wat saans wanneer hy tuiskom, daar sal wees vir hom. Maar, was daar gewaarsku, daardie persoon moet ook ferm staan en die teuels vas kan hou wanneer nodig.

Lara. Foto: Skermgreep
Lara. Foto: Skermgreep

JD het erken sy kop gaan nog steeds een kant toe en dat hy sy hart volg. Dit begin al hoe meer klink of dié twee nou in dieselfde rigting begin beweeg. Dit het hom ’n bietjie hartseer laat voel omdat hy nie iemand in die proses wou teleurstel nie.

Reandi sê

Reandi Grey. Foto: Skermgreep
Reandi Grey. Foto: Skermgreep

“’n Gemaklike kuier is nie net altyd ’n gemaklike kuier nie. Gaan ons boere se vriende en familie se stemme ’n impak hê op hul besluit? Óf . . . gaan hulle steeds nog maar net hul eie harte volg?”

  • Die reeks word oudergewoonte op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos