Afrika staan nou sy plek voller op wêreldkaart

Die Equal Earth-kaartprojeksie. Foto: AFP.
Die Equal Earth-kaartprojeksie. Foto: AFP.

Die alombekende wêreldkaart, die Mercator-kaartprojeksie, wat Afrika veel kleiner laat lyk as wat dié vasteland werklik in verhouding tot ander vastelande is, is nie “anti-Afrika” nie.

Die Mercator-kaartprojeksie is bloot vir ’n ander doel ontwerp, sê Chris Berens, ’n kartograaf en stigter van MapLand in Kaap­stad. Dit kom nadat Suid-Afrika en ander Afrika-lande onlangs oorweldigende steun by die Verenigde Nasies (VN) gekry het vir die bevordering van kaarte wat Afrika se rela­tiewe grootte meer lewensgetrou weergee.

Sowat 164 uit 193 VN-lidlande het in ’n sitting van die Alge­mene Vergadering ten gunste van die resolusie gestem.

Amerika was die enigste land wat daarteen gestem het.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos