Een van die eerste dinge wat Willie Aucamp as die nuwe minister van landbou sal moet doen, is om ontslae te raak van amptenare wat die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming verlam en selfs saboteer.
Só meen landbou-organisasies en bronne met wie Die Papier gepraat het nadat Aucamp deur Geordin Hill-Lewis, die DA-leier, aangewys is om John Steenhuisen, wat onder hewige kritiek vir veral sy hantering van bek-en-klouseer (BKS) deurgeloop het, as landbouminister te vervang.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
