Bloeiende Kaapse Vlakte: Waar is die plan?

Mense staan met hul hande teen ’n muur terwyl hulle deurgesoek word in ’n sigbare polisiëring- en stop-en-deursoek-operasie in Lavender Hill naby Kaapstad in Augustus 2025.

“Jy kan nie jou pad uit georganiseerde misdaad patrolleer nie.”

Só het die Kaapse Misdaadkrisiskoalisie gereageer op pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die weermag op die Kaapse Vlakte ontplooi word.

Ramaphosa se aankondiging in die staatsrede op 12 Februarie is die jongste poging om ’n oplossing te vind vir die misdaadkrisis op die Kaapse Vlakte. Dit kom nadat Firoz Cachalia, waarnemende minister van polisie, op 22 Januarie gesê het dat die polisie “nie tans in ’n posisie (is) om hierdie bendes te verslaan nie”.

  • Lees skrywer en joernalis Ilse Salzwedel se berig oor dié situasie in die jongste uitgawe van Die Papier, wat van vandag af op die rakke is. Dit is ook as e-koerant beskikbaar.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie