Jaco Brits (54) is een van die sowat 1 miljoen Suid-Afrikaners wat oorsee werk. Ons wat agterbly, sien dikwels net die dollars wat landgenote oorsee gaan verdien. Maar hoe voel dit om duisende kilometer van jou mense af ’n nuwe lewe te skep?
Dis beslis nie maklik nie, vertel Jaco. Hy werk op ’n groot melkplaas naby die dorpie Arcade in die staat New York. Hierdie lewe is wêrelde verwyder van sy lewe in Potchefstroom.
- Lees die volledige berig in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
