Bolhuis kasty Mel Viljoen ná sy aanvanklik volle samewerking bied

‘Die real housewives van Pretoria’ se Peet en Mel Viljoen.
‘Die real housewives van Pretoria’ se Peet en Mel Viljoen. Foto: Facebook.

Privaatondersoeker Mike Bolhuis het aanvanklik vroeg in Julie bevestig dat die voormalige TV-glanspersoonlikheid Mel Viljoen haar “volle en onvoorwaardelike samewerking” belowe het met ondersoeke na bewerings van bedrog, rampokkery en diefstal waarby sy en haar man, die voormalige prokureur Peet Viljoen, betrek word.

Dié ooreenkoms is nou weens verskeie aksies deur Viljoen ongeldig gemaak, voel Bolhuis.

“Ons verwelkom en aanvaar mev. Viljoen se aanbod van volle, onvoorwaardelike samewerking,” het Bolhuis van Specialised Security Services (SSS) toe gesê. “Dit is ’n konstruktiewe eerste stap om die aangeleenthede waarby die egpaar betrokke is, op te los. SSS sal saam met die toepaslike owerhede werk om haar volledige en deursigtige samewerking te benut om uitstaande ondersoeke af te handel.”

Bolhuis, die hoofspesialisondersoeker van Specialised Security Services (SSS), het gesê Mel het SSS laat verlede maand gekontak om haar samewerking aan te bied en berou oor haar vorige optrede uit te spreek. Sy het Bolhuis op 26 Junie by die SSS-kantore ontmoet en haar onderneming op 28 Junie skriftelik bevestig.

Hoewel Viljoen “skriftelike en mondelinge” samewerking belowe het, het dit glo nie gebeur nie. Verder is twee BackaBuddy-veldtogte met Viljoen se medewete geregistreer en voel Bolhuis dat SSS nie oor dié veldtogte geraapleeg of ingelig is nie.

Die protesveldtog buite die hof op 8 Julie, het ook glo names Viljoen plaasgevind en is nie met SSS se medewete goedgekeur nie.

Bolhuis voel ook dat Viljoen se uitsprake en onderhoude in die media ’n “regstreekse skending van haar ooreenkoms om tydens die voortgesette ondersoeke geen mediaonderhoude toe te staan” is.

Wat die “volle en onvoorwaardelike samewerking” met ’n privaatondersoeker sou oplewer, en hoe dit Peet Viljoen met sy hofsake sou help, is nog onduidelik.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie