Corlia Wilkens (33), die spitsvondige Corliaaahahaha – in die regte lewe ’n hoërskool-kunsonderwyseres in Randburg – wou van haar plaasskooldae af al toneelspeel.
Op hoërskool in Klerksdorp het sy “aan al wat ’n revue of toneel of drama is” deelgeneem, en daarvan gedroom om die volgende Charlize Theron te wees.
Haar ouers, Dawie en Daleen, boer tussen Klerksdorp en Ventersdorp. Hulle het haar droom heelhartig ondersteun. Met ’n dramagraad van Maties in die sak het haar ma – self ’n onderwyseres – haar egter oortuig om ’n nagraadse onderwys-kwalifikasie te verwerf.
Daaroor is sy vandag dankbaar, al het sy destyds gedink “dis die verveligste werk ooit”.
Ná universiteit het sy vir vier jaar gaan Engels gee in Suid-Korea, en besef sy hou eintlik van skoolgee. “Ek hou van struktuur en roetine.”
Daar in die vreemde was sy betrokke by gemeenskapsteaterprojekte, veral komedie. Terug in Suid-Afrika het sy begin skoolhou in Klerksdorp. Kort daarna het Covid uitgebreek, en het sy met haar aanlyn komedie begin.
- Lees die volledige onderhoud met Corlia in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
