In baie arm gemeenskappe word werklose ma’s aangestel om na kinders om te sien, terwyl personeel dikwels nie formele opleiding in vroeë kinderontwikkeling ontvang het nie. Dit kan ’n negatiewe invloed op kinders se ontwikkeling en skoolgereedheid hê, sê Elsa Meyer, stigter van Thusa Tshwane.
Meyer is betrokke by gemeenskappe wes van Pretoria waar daar ’n groot behoefte aan beter ondersteuning vir gemeenskapskleuterskole is.
“Wanneer kinders nie vroeg genoeg die regte dinge geleer word nie, ontwikkel hul brein nie genoeg om ten volle skoolgereed te wees nie,” verduidelik Meyer. “Die eerste paar lewensjare is kritiek vir ’n kind se ontwikkeling en daarom is gehalte-onderrig in hierdie fase so belangrik.”
Om dié uitdaging aan te pak, het Thusa Tshwane in 2014 die Opleidings- en Ondersteuningsprogram vir personeel, kinders en ouers van kleuterskole in Pretoria-Wes begin.
Met ondersteuning van Die Kinderfonds het die program oor die afgelope 12 jaar reeds 140 personeellede opgelei en toegerus met die kennis en vaardighede wat nodig is om die regte onderrig vir kinders te gee.
Die Kinderfonds ondersteun ook verskeie soortgelyke projekte en kinderhuise oor die land heen.

Almal wat ’n bydrae aan Die Kinderfonds gee, het ook ’n kans om R200 000, of ’n Toyota Vitz te wen. Skenk so min as R50 vir een inskrywing of R250 vir 6 – jy kry een gratis inskrywing vir elke 5.
Indien jy meer skenk en teen 7 November altesaam R1 800 bygedra het, kom jy ook in aanmerking vir ’n addisionele prystrekking van R20 000. Kry al die inligting by diekinderfonds.co.za.
Betaal in by Absa, rekeningnommer 2840157329, gebruik jou selfoonnommer as verwysing.
Kaartbetalings kan hier gemaak word.
Rig navrae aan Adrie van Staden: 061 479 4791.
