Die Kinderfonds: Hoop begin met ’n stem

Die Kinderfonds.
Die Kinderfonds. Foto: Unsplash.

Soms is dit net een sin op ’n stukkie papier wat ’n kind se lewe verander.

Toe kinders aan die einde van Famsa Potchefstroom se Pers-Hand-Beer- en Families-­teen-Geweld-programme gevra is om ’n kort brief te skryf, het een kind erken: “Ek het hulp nodig.”

Daardie brief het nie in ’n laai verdwyn nie. ’n Maatskaplike werker het die kind gevind, hom deur verskeie sessies begelei en praktiese vaardighede geleer om sy woede beter te verstaan en te beheer. Die grootste verskil, vertel die maatskaplike werker, was dat die kind dankbaar was dat iemand uiteindelik geluister het en persoonlike aandag aan hom gegee het.

Dít is presies die verskil wat Die Kinderfonds, deur sy ondersteuning van Famsa Potchef­stroom, moontlik maak. Die programme bereik kinders reeds van gr. R tot gr. 7 en fokus op meer as geweldvoorkoming. Hulle leer kinders dat hulle waarde het, dat hulle emosies mag ervaar, maar ook hoe om dit gesond te hanteer.

FAMSA Potchefstroom se Pers-Hand-Beer program
FAMSA Potchefstroom se Pers-Hand-Beer program help om vir kinders ’n stem te gee

“Ek het al gehoor dat kinders wat met huishoudelike geweld grootword, nie weet dat dit nie normaal is nie. Deur die program word baie kinders, wat in geweld grootword, geïdentifiseer en word nie net die kind gehelp nie, maar ook die gesin,” sê Adrie van Staden, uitvoerende hoof van Die Kinderfonds.

Kinders wat boeliegedrag toon, word raakgesien en begelei na gesonder maniere om konflik te hanteer.

Die Kinderfonds ondersteun jaarliks meer as 20 organisasies.

Almal wat bydra, is outo­maties ingeskryf vir die RSG-­en-Kinderfonds-donasie­projek waarmee jy R200 000 of ‘n Toyota Vitz kan wen.

As jy R50 skenk, kry jy een inskrywing en ses inskrywings vir R250 (dus een ekstra).

Stuur dit aan Die Kinderfonds, Absa, tjekrekeningnommer 2840157329, gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

“Ons wil lesers ook aanmoedig om maandeliks te ondersteun, diegene wat so maak is ook in ’n trekking vir R20 000,” sê Van Staden. Skenk enige bedrag maandeliks om hiervoor in ag geneem te word. Kry al die inligting op diekinderfonds.co.za.

Gholfdag

Die Kinderfonds se jaarlikse gholfdag word op 26 November by die gewilde Serengeti-gholflandgoed, net buite Kempton Park, gehou.

Die Whistling Thorn is ‘n puik kortbaan wat slegs uit syfer 3-putjies bestaan. Die kampioenskapsbaan bied 18 uitdagende putjies met prentjiemooi uitsigte en beloof om spelers se kortspel deeglik te toets. Die koste beloop R9 950 per vierbal.

Dit sluit in: speel­fooie, gholfkar, gholfhemp, per­soon­like sakmerkers, ver­versings en die prysuitde­lingsgeselligheid.

Ondernemings kan ook putjies borg teen R3 000 per putjie, R1 000 vir die oefenbof en R4 500 vir die oefensetperk.

Kontak Adrie van Staden by 061 479 4791 om vierballe te bespreek, of vir meer inligting.

Die Kinderfonds gholfdag


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie