AbbAsorg, verbonde aan die ATKV, is een van die projekte wat veilige ruimtes skep waar behoeftige kleuters gehalte-opvoeding, versorging en daaglikse maaltye ontvang.
“Die ontwikkelingsgeleenthede wat AbbAsorg aan behoeftige kleuters gee, het ons opgeval. Voorskoolse onderrig en vroeë leer is noodsaaklik vir ’n kind se fisieke en kognitiewe ontwikkeling. Dit speel ’n kardinale rol in hul vermoë om op skool te vorder en matriek te behaal,” sê Adrie van Staden, uitvoerende hoof van Die Kinderfonds.
“Dit is vir Die Kinderfonds belangrik dat soveel kinders moontlik vroeë leergeleenthede kry,” sê sy oor waarom AbbAsorg een van die organisasies is wat Die Kinderfonds ondersteun.
Jerome Steenkamp, die nasionale bestuurder van AbbAsorg, sê die organisasie fokus spesifiek op kinders tussen drie en ses en wat armmoedig is.
Die Kinderfonds het vandeesweek sy nuwe webblad, Die Kinderfonds, bekend gestel. Lees meer hier oor begunstigdes, vorige projekte én hoe jy die kans kan hê om geld of ’n motor te wen.

Wanneer jy ’n bydrae aan Die Kinderfonds gee, kan jy R200 000 of ’n Toyota Vitz wen. Skenk R50 vir een inskrywing. As jy R250 (of veelvoude daarvan) gee, kry jy ’n gratis, ekstra inskrywing.
Gee jou skenking aan Die Kinderfonds, Absa, nommer 2840157329, en gebruik jou selfoonnommer as verwysing.
Vir kaartbetalings, klik hier.
Kry al die inligting oor Die Kinderfonds by Die Kinderfonds-webblad en Die Kinderfonds op Facebook.
Bel Adrie van Staden by 061 479 4791 vir navrae.
